Saturday, October 24, 2009

The Blues Brothers’ en hul ‘bluettes’ in Sandton

2009-09-22
Thys Odendaal

Dit het alles begin met John Be­lushi, Dan Aykroyd en NBC van Amerika se televisie-treffer Saturday Night Live. En eersdaags is die musiekspel The Blues Brothers in die Theatre on the Square op Mandelaplein in Sandton.

Die rolle van Belushi en Aykroyd word in die jongste plaaslike weergawe van dié wêreldwye treffer vertolk deur Johan Baird en Alwyn Kotze, wat van Dinsdag 29 September tot einde Oktober die verhoog van die Theatre on the Square sal inneem.

Die musiekspel is eintlik ’n huldeblyk aan die musiek wat gewild geword het deur die “pork pie and Wayfarers”-duo, Jake en Elwood Blues in die hoogs suksesvolle fliek in die 1980’s The Blues Brothers. Die eerste verhoogweergawe met
Belushi en Aykroyd was ook ’n loket­treffer.

Clayton Stewart, die regisseur van die Suid-Afrikaanse produksie wat vol teaters in die Goudstad Durban en meer onlangs Kaapstad verseker het, was die eerste plaaslike Elwood Blues. Quintus Jansen is die choreograaf. Baird en Kotze word ondersteun deur drie “bluettes” en ’n sesstuk-orkes.

Kaartjies kos R180 by Compu­ticket of die teaterloket tydens werksure of by die teater sowat ’n uur voor die vertonings begin.

The Blues Brothers is van Dinsdae tot Vrydae om 20:15 op die planke, Saterdae om 17:30 en 20:30 en Sondae om 15:00.

Dinsdagaande se opvoerings is halfprys – koop ’n kaartjie en kry ’n ekstra een gratis.

Navrae: 011 883 8606.

No comments:

Post a Comment